Select Page

Ons Missie

Die missie van die Brits Jong-Boerevereniging is om ’n organisasie van landbouers en instansies wat betrokke is by landbougedrewe aktiwiteite, te vestig en in stand te hou.

Die Brits Jong-Boereverening sien en erken dat Goddelike seën onontbeerlik is in ons daaglikse handel, wandel en funksionering. Daarom is hiérdie fondament dan ook die boustene van die Jong-Boerevereniging. Die organisasie streef daarna om onderhewig aan die bepalings in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, landbouaktiwiteite en -belange op ’n gekoördineerde manier te bedryf om sodoende ’n bydrae te lewer tot voordeel van al die lede, asook die breër ekonomie van Suid-Afrika.